elogo_mic.gif (12023 bytes)

Home ] Contact Us ] About Electrolee ]

Plantermonitor met Digitale Eenheid 

Digitale Eenheid

 

 

Die Digitale Eenheid is veral geskik vir groter sade soos mielies, sonneblom en grondbone.  Dit registreer plantdigtheid, hektare geplant en veel meer.

Syfers spreek boekdele. Tydens die plantproses versamel en bereken die Digitale Eenheid sekere belangrike inligting. Hierdie inligting is van groot waarde vir beplanning en beheer van die plantproses.

Die Digitale Eenheid bied die volgende:

  • 'n Grafiese voorstelling van hoe elke ry met die ander vergelyk. Hier kan met oogopslag gesien word as die planttempo van 'n spsrifieke ry van die gemiddeld verskil.
  • Die hoeveelheid pitte wat 'n saadbak gooi per 5 sekondes.
  • Die hoeveelheid pitte wat 'n saadbak gooi per 100 meter.
  • Met watter persentasie 'n saadbak se planttempo van die gemiddeld verskil.
  • Elke ry het 'n teller wat die totale aantal pitte registreer wat daardie ry geplant het sedert die teller genul is.
  • Die verhouding van Pitte per Hektaar, soos bereken na 100m. (Help met goeie vooruitskatting.) (Populasie)
  • Verhouding van Pitte per Hektaar soos bereken na 'n voltooide hektaar. (Soos werklik getel.) (Populasie)
  • Die ingeboude hektaarmeter registreer die aantal hektare geplant sedert die hektaarteller genul is.
  • Maklike kalibrasie.
  • 'n Gebruikshandleiding met stap-vir-stap verduideliking is ingesluit.

Die Digitale Eenheid se geheue stoor die relevante inligting outomaties. Mens kan na 'n dag se plant syfers nagaan, selfs al was jy nie self by die plantproses nie.

MEER omtrent ELECTROLEE Plantermonitors

As jy eers jou plantproses kan SIEN, ........................ sal jy nooit weer blindelings plant nie!


Kortpad na beskrywing van Modelle

Afrikaans

PM4

PM6

PM8

PM8+2

PM16+2

Digitale Eenheid

Hektaar Meter

Onderdele

Send mail to electrolee@mweb.co.za with questions or comments about this web site.
Copyright © 2006 ELECTROLEE CC
Last modified: September 24, 2006