elogo_mic.gif (12023 bytes)

HM1 Home ] Contact Us ] About Electrolee ]

HektaarMeter 

HektaarMeter

 

 

  • Hektaarteller kan genul word.
  • Maklike installasie.
  • Handleiding ingesluit.
  • Ingeboude elektroniese oorstroom beskerming.
  • Gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik
  • Bestand teen reën en stof.
  • Hoof eenheid en elektriese proppe is water bestand en stofdig.
  • Liggewig en maklik monteerbaar.  Verstelbare pootjies vir optimale sigbaarheid.
  • Robuuste Sensors
  • Hoë kwaliteit produk
  • Werk van 'n 12 Volt voertuig kragtoevoer.

Die ELECTROLEE HEKTAARMETER bied aan die gebruiker 'n gerieflike "meet terwyl jy werk"-metode om bewerkte oppervlak te registreer. Dit is ideaal vir gebruik by 'n stroopproses waar bepaal wil word hoe groot 'n gestroopte oppervlak beloop. Dit kan egter op byna enige implement of trekker gebruik word om bewerkte oppervlak te registreer.

Wanneer 'n implement toegerus moet word met die vermoë om bewerkte area te registreer, is die ELECTROLEE Hektaarmeter 'n maklike en eenvoudige oplossing vir die probleem. Hierdie Hektaarmeter kan maklik op 'n stroper, 'n planter, of byna enige implement aangewend word. Dit funksioneer m.b.v. twee maklik installeerbare sensors.

Die een sensor word gebruik om afstand te bepaal. Dit word aan 'n wiel gekoppel om wielomwentelinge waar te neem. Die ander sensor word gebruik wanneer sekere areas uitgesny wil word. Byvoorbeeld: Wanneer gestroop word en die omdraai-area nie in berekening gebring moet word nie, word die een sensor aan die tafel van die stroper gekoppel. Wanneer die stroper se tafel opgelig word, word geen area ingereken nie. Dit is opsioneel om hierdie sensor te gebruik. Indien dit nie ingeprop word nie, sal alle bewerkte area, sowel as die area waar daar omgedraai word, ingereken word.

Die digitale skerm van die Hektaarmeter word permanent verlig. Die skerm is dus in daglig en snags duidelik leesbaar. Gehalte plastiek en roesvrye staal gee aan die eenheid goeie uithouvermoë. Die verstelbare pootjies maak dit moontlik om die eenheid op verskillende wyses te monteer. Die pootjies kan horisontaal, vertikaal of aan die plafon van 'n kajuit geheg word ten einde die meter ideaal te plaas. Die eenheid kan ná montering gekantel word vir optimale sigbaarheid.

Afgesien van hektare bepaal, kan die Hektaarmeter ook spoed aanwys in kilometer per uur. Tiendes van km/h word ook aangedui. Dit is nuttig wanneer gestroop wil word teen 'n presiese spoed. Kilometers afgelê is ook beskikbaar.

Die Hektaartelling word in geheue gestoor.  Indien krag onderbreek word, word die mees onlangse data gestoor.

Die meter word gekalibreer deur die bewerkingswydte van die implement in te lees.  Verder word 'n afgemete afstand van 100 meter afgelê, terwyl die begin en eindpunte ingelees word deur 'n knoppie te druk.  Deur hierdie prosedure leer die instrument hoeveel as-omwentelinge daar is in 100 meter.  Vandat hierdie waardes ingelees is, sal die meter die berekende area op die skerm vertoon soos dit voortbeweeg. 


Kortpad na beskrywing van Modelle

Afrikaans

PM4

PM6

PM8

PM8+2

PM16+2

Digitale Eenheid

Hektaar Meter

Onderdele

Send mail to electrolee@mweb.co.za with questions or comments about this web site.
Copyright © 2006 ELECTROLEE CC
Last modified: September 24, 2006