elogo_mic.gif (12023 bytes)

Home ] Contact Us ] About Electrolee ]

pm4VIER Kanaal PlanterMonitor

PM4


4 Kanale + Robuust  + Liggewig + Gehard  + Bekostigbaar = PM4

Kry 'n Electrolee Plantermonitor om verliese hok te slaan wat ontstaan tydens die plantproses. Hierdie plantermonitor kan jou bystaan om misrye te elimineer en sodoende jou wins op te stoot.  Die vloei van saad, kunsmis en asrotasie kan gemonitor word.  Tel die opsionele  Digitale Eenheid by en kry waardevolle informasie omtrent jou plantproses.  Neem die raaiwerk uit jou plantproses.  Bou eerder op betroubare informasie om jou aanplanting akkuraat te doen.

Die uitleg van jou planter (Items om te monitor.) Voorbeelde van PM4 Toepassings
2 Rye Saad  (2 kanale oop) Gebruik 2 kanale vir saad monitering, laat ander 2 ongekoppel.
2 Rye Saad, 2 Kunsmis Gebruik 2 kanale vir saad monitering, en 2 kanale vir kunsmis monitering
2 Rye Saad, 1 As (1 Oop) Gebruik 2 kanale vir saad monitering en 1kanaal vir asrotasie monitering
3 Rye Saad, 1 As Gebruik 3 kanale vir saad monitering en 1kanaal vir asrotasie monitering
4 Rye Saad Gebruik 4 kanale vir saad monitering

Waar 'n As gemonitor word, kan die eenheid uitgebrei word deur 'n opsionele Digitale Eenheid by te voeg.

Hoof stelselvoordele

  • Hoogs effektief in stowwerige omstandighede.
  • Gebruiksvriendelik: Maklik om deur ongeskoolde personeel te gebruik.
  • Enige kanaal(e) kan uitgeprop word voordat die monitor se aanskakel knoppie gedruk word.  Dit sal alle monitorfunksies en alarms wat betrekking het op daardie kanaal, afskakel.
  • Geseël teen stof en vog.
  • Liggewig en maklik monteerbaar.
  • 'n Duidelike frekwensie gemoduleerde alarm maak seker die alarm is baie hoorbaar.
  • Twee verstelbare vlekvrye staal pootjies maak dit maklik om die monitor te verstel sodat dit maklik gesien kan word.
  • Montering op 'n instrumentpaneel, teen 'n kajuitmuur of hangende van 'n trekkerdak, (ideale posisie) is ewe maklik.
  • Hoogs betroubare LED liggies wys elke saadkorrel soos dit grond toe val.
  • Die onderste ry LED liggies dui aan by watter kanaal (ry) daar 'n probleem ontstaan het.

 Belangrike Saadsensor kenmerke

  • Unieke, presisie-vervaardigde Polikarbonaat-sensorlense.   Polikarbonaat is 'n baie geharde materiaal en geskik vir uiters rowwe omstandighede.  Hierdie eienskap maak die sensor byna onvernietigbaar.
  • Buitengewoon goeie funksionering te midde van saadbehandeling.
  • Die sensor maak gebruik van infrarooi lig wat tot gevolg het dat die sensor nog goed funksioneer te midde van stof. .
  • Die sensors is toegerus met hoë kwaliteit vog en reën bestande elektriese proppe.

 Soorte Sensors Beskikbaar

  • Saadsensors
  • Korrelkunsmissensors
  • Vloeibare kunsmissensors
  • Magnetiese Asrotasiesensors

Ander Kenmerke

  • Koppel aan die trekker se 12 Volt battery of 12V kragvoorsieningspunt.
  • Gebruikershandleiding met besonderhede oor installasie en gebruik ingesluit.
  • Wye reeks sensors beskikbaar.
  • Ontwerp en vervaardig in Suid-Afrika.  Gebou vir ons, deur ons.
  • Gehalte naverkoopdiens.
  • As enige iets verkeerd sou gaan, kan enige onderdeel in die stelsel vervang of herstel word binne 'n dag of twee. (Afhangende van logistiek)
  • Puik drie jaar waarborg.

MEER omtrent ELECTROLEE Plantermonitors


Kortpad na beskrywing van Modelle

Afrikaans

PM4

PM6

PM8

PM8+2

PM16+2

Digitale Eenheid

Hektaar Meter

Onderdele

Send mail to electrolee@mweb.co.za with questions or comments about this web site.
Copyright © 2006 ELECTROLEE CC
Last modified: September 24, 2006