|
[ Home ] [ Contact Us ] [ About Electrolee ]
SES Kanaal PlanterMonitor
PM6
6 Kanale + Robuust + Liggewig + Gehard +
Bekostigbaar = PM6
Kry 'n Electrolee Plantermonitor om verliese hok te slaan
wat ontstaan tydens die plantproses. Hierdie plantermonitor kan jou bystaan om misrye
te elimineer en sodoende jou wins op te stoot. Die vloei van saad, kunsmis en
asrotasie kan gemonitor word. Tel die opsionele Digitale
Eenheid by en kry waardevolle informasie omtrent jou plantproses. Neem
die raaiwerk uit jou plantproses. Bou eerder op betroubare informasie om jou
aanplanting akkuraat te doen.
| Die uitleg van jou planter
(Items om te monitor.) |
Voorbeelde van PM6
Toepassings |
| 3 Rye Saad, 3 Rye Kunsmis |
Gebruik 3 kanale vir saad
monitering, en 3 kanale vir kunsmis monitering |
| 4 Rye Saad, 2
Aste |
Gebruik 4 kanale vir saad
monitering, en 2 kanale vir asrotasie monitering |
| 5 Rye Saad. 1
As |
Gebruik 5 kanale vir saad
monitering en 1 kanaal vir asrotasie monitering |
| 6 Rye Saad |
Gebruik 6 kanale vir saad
monitering |
Waar 'n As
gemonitor word, kan die eenheid uitgebrei word deur 'n opsionele Digitale
Eenheid by te voeg.
Hoof stelselvoordele
- Hoogs effektief in stowwerige omstandighede.
- Gebruiksvriendelik: Maklik om deur ongeskoolde personeel te
gebruik.
- Enige kanaal(e) kan uitgeprop word voordat die monitor se
aanskakel knoppie gedruk word. Dit sal alle monitorfunksies en alarms wat betrekking
het op daardie kanaal, afskakel.
- Geseël teen stof en vog.
- Liggewig en maklik monteerbaar.
- 'n Duidelike frekwensie gemoduleerde alarm maak seker die
alarm is baie hoorbaar.
- Twee verstelbare vlekvrye staal pootjies maak dit maklik om
die monitor te verstel sodat dit maklik gesien kan word.
- Montering op 'n instrumentpaneel, teen 'n kajuitmuur of
hangende van 'n trekkerdak, (ideale posisie) is ewe maklik.
- Hoogs betroubare LED liggies wys elke saadkorrel soos dit
grond toe val.
- Die onderste ry LED liggies dui aan by watter kanaal (ry)
daar 'n probleem ontstaan het.
Belangrike Saadsensor
kenmerke
- Unieke, presisie-vervaardigde Polikarbonaat-sensorlense.
Polikarbonaat is 'n baie geharde materiaal en geskik vir uiters rowwe
omstandighede. Hierdie eienskap maak die sensor byna onvernietigbaar.
- Buitengewoon goeie funksionering te midde van
saadbehandeling.
- Die sensor maak gebruik van infrarooi lig wat tot gevolg het
dat die sensor nog goed funksioneer te midde van stof. .
- Die sensors is toegerus met hoë kwaliteit vog en reën
bestande elektriese proppe.
Soorte Sensors
Beskikbaar
- Saadsensors
- Korrelkunsmissensors
- Vloeibare kunsmissensors
- Magnetiese Asrotasiesensors
Ander Kenmerke
- Koppel aan die trekker se 12 Volt battery of 12V
kragvoorsieningspunt.
- Gebruikershandleiding met besonderhede oor installasie en
gebruik ingesluit.
- Wye reeks sensors beskikbaar.
- Ontwerp en vervaardig in Suid-Afrika. Gebou vir
ons, deur ons.
- Gehalte naverkoopdiens.
- As enige iets verkeerd sou gaan, kan enige onderdeel in die
stelsel vervang of herstel word binne 'n dag of twee. (Afhangende van logistiek)
- Puik drie jaar waarborg.
| |
|