|
|
|
Onderdele / Bykomstighede vir Plantermonitors Saadvloei Sensors Vloeibare Kunsmisvloeisensor Die saadsensor word aan die saadbuis van die planter geheg. Gate word aan weerskante van die saadbuis geboor voordat die sensor aan die saadbuis met 'n kabelriempie (cable tie) geheg word. Die saadsensor maak gebruik van infrarooi lig. Dit dring beter deur stof as sigbare lig. Die Electrolee saadsensor is ook toegerus met Polikarbonaat lense. Dit is van die mees gehardde plastiek verkrygbaar. Deur sulke geharde grondstowwe te gebruik, maak dit die sensor byna onvernietigbaar. Nodeloos om te sė, die gebruik van die sensor het byna geen effek op die sensor se werking nie. Hierdie uitdtaande kenmerke maak ons monitorstelsel baie betroubaar en effektief. Magnetiese Sensor: Die magnetiese sensor word gebruik op planter aandryfaste om draaibeweging te monitor. Deur dit op aste te gebruik word dit ook gebruik om afstandmeting te doen. Dit is 'n inset om bewerkte area te bereken. Harnasse: Onderdele van Hektaarmeters |
|
|
Send mail to
electrolee@mweb.co.za with questions or comments about this
web site. |